INsight Magazine

Join NAPTOSA


Photo Gallery

BSB-SALARISWERKWINKEL VIR SKOOLGEBONDE TERAPEUTE

IN GAUTENG

 

NAPTOSA Gauteng het reeds verskeie werkwinkels vir skoolgebonde terapeute aangebied ten einde hulle te help om te bereken wat hulle nuwe BSB-salarisse gaan wees. Ongeveer 130 terapeute het reeds die werkwinkels bygewoon. 

 

NAPTOSA-verteenwoordigers sal op 8 Mei 2013 ‘n werkwinkel aanbied onmiddellik na afloop van die vergadering van die Terapeuteforum.  Hierdie is nie ‘n amptelike NAPTOSA-vergadering nie, maar die vakbond gebruik graag die geleentheid om terapeute, wat die Forum-vergadering bywoon, te help om te bepaal wat hulle nuwe salarisse gaan wees.

 

‘n  FINALE NAPTOSA-werkwinkel vir skoolgebonde terapeute sal op Maandag, 13 Mei 2013, om 14:00 by Francis Vorwergskool gehou word.  Alle terapeute wat nog wonder wat hulle nuwe salarisse gaan wees, is welkom om dit by te woon.

 

Dit sal tot terapeute se voordeel wees as hulle hul November/Desember 2010 salarisadviese saambring na die Francis Vorwerg-werkwinkel, en ook na die Terapeuteforum-vergadering.

 

Bevestig asb hoeveel terapeute ons van julle skool kan verwag by die werkwinkel wat by Francis Vorwergskool aangebied word. Faks/e-pos abs onderstaande antwoordstrokie na die NAPTOSA Gauteng-kantoor voor of op Donderdag, 9 Mei 2013  (011 4862899 or This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

 

 

=================================================================================

 

ANTWOORDSTROKIE:  BSB-WERKWINKEL VIR SKOOLGEBONDE TERAPEUTE

 

 

 

Naam:____________________________________ Skool:   _______________________________

 

Kontaknommer:    ___________________________________________________________________   

 

Getal terapeute wat werkwinkel gaan bywoon:  ______________________________________________

 

 

 

LOUISE SMIT                                                                                    M J MYBURGH

HOOF:  LSEN/VOO-KOLLEGES EENHEID                                   HOOF UITVOERENDE BEAMPTE