INsight Magazine

Join NAPTOSA


Photo Gallery

BSB-BETALINGS

 

Ons het met verligting kennis geneem dat die meeste skool-gebonde terapeute reeds hulle BSB-terugbetalings ontvang het.  Ons dank gaan aan mnr Tinus du Preez vir sy aktiewe betrokkenheid en daaglikse kontak met GDO-amptenare ten einde die uitbetalingsproses te bespoedig.

 

Die Gauteng-kantoor is oorval met telefoonoproepe, e-posse en fakse van terapeute wat vrae vra oor bedrae wat uitbetaal is, vergelyking van een salaris met die ander tref en rapporteer dat hulle geen betaling ontvang het nie

 

Die doel van hierdie nuusflits is om terapeute se vrae te beantwoord en die pad vorentoe aan te dui.  In die lig hiervan word julle vriendelik versoek om van die volgende kennis te neem: 

 

1.      Volgens GDO is 192 terapeute reeds betaal. Die ander 125 terapeute behoort hulle terugbetalings binne die volgende twee weke te ontvang.  Sommige terapeute is waarskynlik reeds ingelsuit by gisteraand se GDO-salarislopie en hulle behoort vanaf Maandag kennisgewings van betaling te ontvang.    

 

Terapeute wat nog nie teen die einde van Junie BSB-betalings ontvang het nie, moet asb ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. stuur.  ‘n Afskrif van die Junie-salarisadvies moet aangeheg wees.  Die NAPTOSA-kantoor sal nie voor 28 Junie op enige sodanige navraag reageer nie. 

 

2.      Terapeute se Junie-salarisadviese dui nie die nuwe BSB-salaris aan nie.  Terugbetalings is bereken net tot op 31 Mei 2013 aangesien GDO gehoop het dat hulle die afsnypunt vir die Junie-salarisse sou haal – wat nie gebeur het nie.  Julie 2013-salarisadviese behoort die nuwe BSB-kerwe aan te dui.  Teruggedateerde betalings vir Junie behoort by die Julie-salaris bygevoeg te wees. 

 

3.      Gedurende die BSB-werkwinkels het NAPTOSA onderneem om sy lede te ondersteun deur elke terapeut se salaris te kontroleer.  Aangeheg is ‘n vorm wat NAPTOSA-lede (skoolgebonde terapeute ) kan voltooi en na die Gauteng-kantoor kan stuur.  Hierdie vorms kan egter eers ingevul en na die Gauteng-kantoor gestuur word nadat terapeute hulle Julie 2013  salarisadviese met hulle nuwe BSB-kerwe ontvang het.   Skoolgebonde terapeute salarisnavraag vorm

 

Die Gauteng-kantoor kan nie op enige salarisnavraag reageer nie tensy die vorm voltooi is en die Julie 2013 advies aangeheg is. Verifiëring van salarisse sal dus eers in die laaste week van Julie kan begin. 

 

4.      Ons is bekommerd daaroor dat daar ‘n probleem mag ontstaan het met die oorlees van posvlak 2-terapeute  se salarisse. Dit lyk asof sommige posvlak 2-terapeute dalk na Onderwysterapeut graad 3, in plaas van Hoofonderwysterapeut graad 1, oorgelees is.    Aangesien ons hierdie saak so gou as moontlik wil uitsorteer, word alle posvlak 2-terapeute uitgenooi om ‘n e-pos met enige 2013-salarisadvies aangeheg, na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur.  Ons sal ‘n lys van al die posvlak 2-poste aan GDO voorlê vir verifiëring. 

 

Kantoorpersoneel sal dus nie op individuele navrae in die verband reageer nie tot tyd en wyl ons met GDO-amptenare vergader het.

 

5.      Sommige terapeute doen navraag oor die feit dat meer “senior” terapeute (terapeute met meer jare diens) kleiner terugbetalings gekry het as terapeute met minder ervaring.  Neem asb kennis dat terapeute met minder jare diens inderdaad groter terugbetalings sal kry as terapeute op hoër salariskerwe.  Julle word daaraan herinner dat, byvoorbeeld, ongeag of ‘n persoon op salariskerf 7.1, of 7.6 of 7.14 is, hulle na dieselfde nuwe BSB-kerf oorgelees sal word.  Dit is dus reg as ‘n terapeut met minder ervaring ‘n groter bedrag kry as ‘n terapeut met meer ervaring. 

 

Aangesien ons terapeute uitnooi om die aangehegte salarisnavraagvorm en die Julie-salarisadvies aan die einde van Julie aan ons te stuur, sal ons nie nou op enige navrae oor die vergelyking van salarisse reageer  nie. 

 

6.      Sommige terapeute het gevra dat die Gauteng-kantoor bepaal of hulle terugbetaling korrek uitgewerk is.  Ons wil dit graag kategories stel dat die Persal-stelsel so geprogrammeer is dat alle terugbetalings korrek bereken word.  Indien ‘n individu se salaris na die regte kerf oorgelees is, kan lede aanvaar dat die terugbetaling korrek bereken is. 

 

Die uitdaging is om te verseker dat die terapeut se salaris na die regte kerf oorgelees is.  Dit sal ons aan die einde van Julie kan doen wanneer ons op swart en wit kan sien watter BSB-kerf op die salarisadvies aangedui word.  In die lig van bogenoemde sal die NAPTOSA-kantoor nie aan enige versoek om te bepaal of die terugbetaling korrek bereken is, voldoen nie.